Reis Van 'n Reus
Ocean & Underwater
•
Classics, Documentary, Educational
Die see beskerm sy geheime teen 20ste eeu wetenskap. In 'n tyd waar ruimtetuie die buitenste streke en verder van ons sonnestelsel ondersoek, verstaan ons nog skaars wat gebeur langs ons eie kuslyne in die aarde se oseane. Maar 'n groep van Suid Afrikaanse navorsers en filmmakers is besig om die geheim van 'n lang reis te ontdek - die amper 2000 myl reis van die magtige walvis haai, vanaf die koraal ryke waters rondom die Seychelles Eilande tot die stormagtige waters van die Kaap van Goeie Hoop. Hierdie die grootste van alle visse beweeg in vrede deur hierdie roete van buitengewone rykdomme, oorheers op die beurt deur grys rifhaaie, skole hamerkophaaie, tierhaaie, Zambezi haaie en grootwithaaie. Deur die walvis haai te volg word die verstommende rykdomme van die Indiese Oseaan ontdek en openbaar.